jou fees begin oor
50 Dae
Wat het jy op die hart?
@twitter.com/vryfees of www.facebook.com/vryfees
en wen!
Beskryf jou fees in 20 of minder karakters by ons twitter of facebook bladsye en staan 'n kans om feeskaartjies te wen!
Soek
 
Afrikaans  |  English
 
Facebook Twitter You Tube
Videos
  • Feesterrein

    Feesterrein

    'n Video om die feesterrein en gebeure by Vryfees 2012 voor te stel.

Vryfees

Boekwurms hier vet gevoer

Topbekroondes, lekkerleesskrywers op fees  


BOEKLIEFHEBBERS sal ver soek vir ’n groep skrywers soos dié op die Vryfees (9 tot 14 Julie op die UV-kampus in Bloemfontein). Aan die een kant kreun die skaal swaar onder die land se topbekroondes en aan die ander kant onder die land se besonge lekkerleesskrywers en dié met durf.  

Dié spogprogram, wat 30 skrywers byeenbring, sal nie moontlik wees sonder Van Rensburg-patoloë se borgskap nie.  

Topbekroondes  
Ingrid Winterbach, wat pas die tweede keer die Hertzogprys ontvang het, kom met haar nuutste roman, Die aanspraak van lewende wesens, fees toe sodat Kerneels Breytenbach haar daaroor kan uitvra en lesers kan uitvind waarom dié boek met vanjaar se Hertzogprys bekroon is. Sy het dié prys ook in 2004 vir Niggie gewen.  

Die aanspraak bied ’n priemende blik op twee parallelle reise – ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en suster se ondergang.  

Winterbach, wat as Lettie Viljoen begin skryf het, beoefen visuele kuns op dieselfde hoë vlak as haar skryfwerk.  

Deon Opperman, wat die Hertzogprys in 2006 vir sy drama-oeuvre en in 2009 vir Kaburu gekry het, is vir Hartland op die fees. Kerneels Breytenbach het dié kyk-NET-reeks oor die politiek van transformasie en verset in ’n roman verwerk en dit is waaroor hy en Opperman gaan gesels.  

Deon Meyer, met buite- en binnelandse pryse te veel om op te noem vir sy talle spanningsverhale, is om sy nuwe vaardigheid as fliekregisseur genooi. Die laaste tango, sy eerste draaiboek, sal vertoon word en deur Etienne Bloemhof en Meyer bespreek word.  

Karin Brynard, wat die UJ-debuut- en M-Net-prys (rolprentkategorie) vir Plaasmoord ontvang het, gaan met haar tweede misdaadroman, Onse Vaders, in Bloemfontein aanmeld en Francois Bloemhof (verskeie ATKV-pryse vir jeugverhale) met Moord in die beloofde land. Breytenbach is weer die man met die vrae, soos “wat is ’n misdaadroman”, “wat verg dit van ’n skrywer”.  

Bettina Wyngaard – Jan Rabie-prys vir Troos vir die gebrokenes en Woordtrofee vir haar gesprek oor Vuilspel – kén die appelplukkers van Grabouw en kén sterk vroue wat ’n gemeenskap wil red. Daaroor praat sy in Naln en oor Vuilspel met Leana Lategan.  

Lekkerleesskrywers  
Johan van Wyk, jare lange skrywer van die Volksblad-rubriek Stop van myne, stel sy boek So was dit met sy talle humoristiese stories bekend. 

Elias P. Nel gesels oor die stories agter ons kollektiewe stories, Dana Snyman met Sandra Prinsloo oor hul ervarings as skrywer en akteur, en Jeanne Els oor Samba, haar derde boek met ’n danstema. Hierin wys sy dat ’n mens tog te midde van teenspoed kan dans.
 
Skrywers met durf 
Annelie Botes stuit vir niks en niemand nie in haar outobiografiese roman Swart op wit, terwyl Harriot Christhou ’n lewe met skisofrenie in Die bleek man op my hakke ontsluit. Maritza Breitenbach se Koekieboek gaan oor intieme feite en fabels oor dáái koekie.  

Skrywers van boeke met ’n godsdienstige strekking, geskiedenis, lewe en poësie en ’n slypskool oor selfpublikasie is ook deel van die boekeprogram.

Kunskalender

BALBESIT
Woen, 22 Mei 2013
Die Suid-Afrikaanse Staatsteater, in samewerking met Absa KKNK en Saartjie Botha nooi u en 'n metgesel na 'n vertoning van BALBESIT. Lees meer...

Kry nou kaartjies!

Kliek hier >>>
Kaartjieverkope
Kaartjieverkope open Vrydag, 10 Mei by Computicket.

Adverteer jou gastehuis

Vryfees nooi graag enige belangstellende gastehuise in Bloemfontein om op ons webwerf te adverteer.

Jul inligting sal beskikbaar wees vir die publiek wat ons webwerf besoek en verblyf benodig tydens die feestyd.

Skakel gerus ons kantore by fees@volksblad.com vir meer inligting.

Feesborge

Vennote

Volksblad
UFS

Seniorborge

gesels saam op Twitter...