jou fees begin oor
0 Dae
Wat het jy op die hart?
@twitter.com/vryfees of www.facebook.com/vryfees
en wen!
Beskryf jou fees in 20 of minder karakters by ons twitter of facebook bladsye en staan 'n kans om feeskaartjies te wen!
Soek
 
e-pos e-pos  |  druk druk
 | 
Afrikaans  |  English
 
Facebook Twitter You Tube

Vryfilmfees

Beskermheer: Braam Muller
Plek: Ouditorium van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW-ouditorium), grondvloer (ingang oorkant Mango-Wynand Mouton-teaterfoyer)
Prys: R30

SUID-AFRIKA:

Nothing for mahala (Engels, 2013, 101 min.)
Regie: Rolie Nikiwe. Met: Thapelo Mokoena, Marius Weyers, Jamie Bartlett, Mmabatho Montsho
Axe Gumede lewe bo sy vuurmaakplek en hy beland geldelik in die knyp. Hy word gevonnis tot gemeenskapsdiens in ’n ouetehuis waar hy ’n knorrige ou man moet oppas. Hul kulturele botsings lei tot komiese oomblikke, maar ook harde lewenslesse word geleer.
Axe Gumede believes your have to spend to make money, but his extravagant lifestyle lands him in trouble with loan sharks and the law. He is sentenced to community service in an old-age home where he is assigned to a grumpy old man. Their story is a comic clash of cultures spiced up with hard-hitting life lessons.

Tye: Wo 16 Julie 11:45; Vr 18 Julie 16:00

Paljas (Afrikaans, 1998, 119 min.)
Regie: Katinka Heyns. Met: Marius Weyers, Aletta Bezuidenhout, Ellis Pearson, Jan Ellis, Liezel van der Merwe, Larry Leyden
’n Nar bly agter as ’n sirkus deur ’n treinstasietjie in die Karoo beweeg. Maar dinge begin met die stasiemeester se disfunksionele gesin gebeur as hul “stom” seuntjie met die nar maats maak. Die vriendskap laat die konserwatiewe gemeenskap in opstand kom.

Tye: Do 17 Julie 14:00; Sa 19 Julie 09:00

’n Pot vol winter (Afrikaans, 1992, 88 min.)
Ouderdomsperk: OB 12
Regie: Johan Bernard. Met: Christel Smith, Grethe Fox, Jana Cilliers, Paul C. Venter, Francois Coertze, Annie Malan
Maretha Maartens se verhaal is verfilm waar dit afspeel – in Bloemfontein. Liefde bring groter probleme binne ’n gebroke gesin wanneer die dogter, nog op skool, swanger raak. Die regisseur was ’n oud-Bloemfonteiner.

Tye: Do 17 Julie 11:30; Vr 18 Julie 14:00

Shèri (Engels, Afrikaans, 2014, 52 min)
Regie: Charlene Stanley. Met: Shèri Brynard, Susette Brynard, André Strydom
Dokumentêr oor Shèri Brynard, die Downsindroom-meisie van Bloemfontein, wat betrokke raak by mediese navorsing om ’n behandeling vir Alzheimer se siekte in die unieke genetiese kode van mense met Downsindroom te kry. In die dreigende skaduwee van die “vergeetsiekte” is haar ma die onthutsend eerlike verteller in ’n waterskeidingsjaar wat haar vat van haar plattelandse tuisstad na Londen en New York. ’n Hartroerende verhaal oor die waarde van onthou en vergeet. En ’n inspirerende bewys dat selfs die wildste drome soms waar word.
+ The devil’s in the details (regie: Jean-Pierre Joubert, 13 min), ’n kortfliek oor die ervaringswêreld van ’n outistiese kind.

Tye: Di 15 Julie 15:00, Vr 18 Julie 18:00


KAAPSTAD- EN WYNLAND- INTERNASIONALE FILMFEES:

Eoan 80: Ode to the opera era (SA, 2013, 86 min)
Regie: Lisba Vosloo
Kaapstad se Distrik Ses was die hartland van Eoan, ’n kultuurorganisasie wat in 1833 gestig is. Eoan 80 bring hulde aan die talent en passie van die Eoan-sangers en -dansers wat eerste was om grand opera met groot welslae dwarsoor Suid-Afrika aan te bied – ondanks diskriminerende apartheidwetgewing en skeidende politiek van die dag. Die bittersoet Eoan-verhaal word vertel deur vorige lede, sommige op 70 of 80 nog aan’t sing, aangevul deur seldsame klankopnames en ryk visuele materiaal uit argiewe en private versamelings. Buitengewoon begaafde sangers soos sopraan May Abrahamse (Kanna- en Fiësta-toekennings), tenoor Joseph Gabriels (Metropolitan Opera, New York), Ruth Goodwin-Cookson (SAWW- uitvoerende kunstetoekenning), Lionel Fourie, Sophia Andrews-van Rooyen en Vera Gow (Presidensiële Orde van Ikhamanga, silwer) is van die Eoan-divas en divo’s aan die woord. ’n Moet vir liefhebbers van musiek en opera.
The EOAN group was established in 1933 and functioned as a cultural organisation for so-called coloured persons from District Six. The organisation presented opera, drama and ballet productions and became particularly famous between the 1950’s and 1970’s for the opera shows it staged in South Africa and overseas.

Tye: Di 15 Julie 19:00, Sa 19 Julie 11:30

Vier Afrikaanse Kortflieks (saam sowat 104 minute)
DIE LANG KAT (SA, 2013, 26 min)
Regie: Janhendrik Burger. Met: Erik Holm, Tessa Denton
In ’n ou woonstel sit hy dag na dag voor die venster met ’n boek op sy skoot. ’n Motorongeluk het van hom ’n kwadrupleeg gemaak. Die kat lê uitgestrek op die vensterbank. Albei wag vir sy vrou om klokslag om vyfuur by die deur in te stap. Die kat se moeitelose behendigheid in kontras met die vasgekeerde lewe wat hy vanuit sy rolstoel moet voer, laat ’n katastrofiese jaloesie stadig maar seker in hom broei.

BLOEDSON (SA, 2013, 23 min)
Regie: Albert Snyman, Louis Pretorius. Met: Wilhelm van der Walt, Jacques Theron, De Klerk Oelofse, Pierre Theron, Karli Heine
In die vroeë 1900’s kies twee broers kant in ’n bitter oorlog. Dirk glo in die Boere se reg tot vryheid en wil weer by die kommando aansluit. Brink wil Dirk egter uitlewer aan die Kakies en laat hang vir oorlogsmisdade. Terwyl die bloedvete in ’n verlate bos uitspeel, word die broers se donker geheime en ware motiewe onthul. Alles verander egter as hulle afkom op ’n onskuldige meisie wat skynbaar aan hondsdolheid ly. Hul regte oorlog begin nou eers.

DIE BELEEFNIS (SA, 2013, 26 min)
Regie: Wynand Dreyer. Met: Woutrine Theron, André Odendaal, Dorette Nel, Clarinda van Niekerk, Francois Coertze, Chris van Niekerk, Erno van Dyk
’n Eiesinnige ou tannie kondig uit die bloute aan dat sy haar eie begrafnis wil hou. Sy sien dit as ’n viering van haar lewe – ’n “be-leef-nis”. Die dorp het nog altyd aanvaar sy het ’n ligte klap van die windmeul weg, maar dié volksvreemde versoek vat dinge darem nou te ver. Maar niemand gaan haar van haar groot dag ontneem nie. Hulle het immers geen idee van die desperate hoop agter “beleefnis” nie.

TOEVLUG (SA, 2013, 27 min)
Regie: Christiaan Olwagen. Met: Martelize Kolver, Louis du Preez, Amelda Brand, Lulu Botha, Ira Blanckenberg, Gideon Lombard, Barend de Wet, Catherine Saint Jude Pretorius, Cecile Trumpelmann, Carel Nel, Michelle Nothnagel
Ontmoet ’n vrou. Sy misbruik drank. Haar vriende is bekommerd oor haar. Sy gaan na ’n rehabilitasiesentrum. Daar ontmoet sy ander wat dwelms en alkohol misbruik, onder andere ’n druggie van Secunda, ’n Kanadese lesbiër en ’n rentboy. Die groep. Elke oggend begin die groepsessies om 09:00. Daar is koffie en tee en koekies vir die groep. ’n Film oor toevlug en jellybabies eet.

Tye: Wo 16 Julie 16:30, Vr 18 Julie 11:30


DIE WÊRELD:

Amarcord (Italië, Engelse onderskrifte, 1973, 123 min.)
Ouderdomsperk: OB 14 (S,T)
Regie: Federico Fellini. Met: Magali Noël, Bruno Zanin, Pupella Maggio
Fellini se Oscarwenner-hulde aan sy tuisdorp bly sy gewildste fliek. Talle fassinerende karakters paradeer teen die agtergrond van die jare dertig met die opkoms van fascisme sterk teenwoordig. Jy skater, maar treur ook. Net Fellini kan die lewe so bisar, dog menslik uitbeeld.
Fellini's Oscar-winning homage to his home town remains his most popular film. An ensemble drama with notes of both comedy and tragedy, as well as a piquant infusion of the politics of the era (the 1930s, the emergence of fascism), the film captures a year in the life of a seaside town through a series of nostalgic anecdotal vignettes of a fantastic array of events and characters. Loopy teachers, strange foreigners, curvaceous women, and a skinny nymphomaniac are among the bizzare, but very human, characters.

Tye: Di 15 Julie 16:30; Do 17 Julie 09:00

Amour (Frankryk, Engelse onderskrifte; 2012; 127 min.)
Ouderdomsperk: OB 13 (G)
Regie: Michael Haneke. Met: Jean-Louis Trintignan, Emmanuelle Riva, Isabelle Huppert
Die egpaar Georges en Anne is afgetrede musiekonderwysers wat die lewe in hul laaste jare geniet. Maar Anne kry skielik ’n beroerte en hul lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Anne verval in fisieke en geestelike agteruitgang terwyl Georges haar probeer versorg. Selfs al daag hul dogter op bly hul stryd om waardigheid tevergeefs.
Georges and Anne are a couple of retired music teachers enjoying life in their eighties. However, Anne suddenly has a stroke and their lives are never the same. That incident begins Anne's harrowingly steep physical and mental decline as Georges attempts to care for her. The couple's hopes for some dignity prove a dispiriting struggle even as their daughter enters the conflict.

Tye: Wo 16 Julie 09:00; Do 17 Julie 18:45

Four minutes (Duitsland, Engelse onderskrifte; 2006; 112 min.)
Ouderdomsperk: 16 (T,G,S)
Regie: Chris Kraus. Met: Hannah Herzsprung, Monica Bleibtreu, Sven Pippig, Richy Müller.
Jenny, ’n gevangene vol onderdrukte emosies en onbeheerste woede, kry klavierles by die bejaarde Traude wat haar vir ’n klavierkompetisie inskryf. Geheime word onthul en haat-draende bewaarders en mede-gevangenes slaan toe terwyl die groot aand al hoe nader kom. Dié pryswennerfliek kombineer klassieke musiek, kru tronklewe en oorweldigende vertolkings treffend.
Jenny, a molotov cocktail of suppressed emotions and uncontrollable rage, locked in a constant battle with wardens and fellow convicts, receives piano lessons from Traude, a professional musician who wants to expose Jenny's talents at a national competition. They develop a volatile teacher-pupil relationship. Secrets on both sides emerge in this cinema tour de force that combines classical music, gritty prison drama and powerful performances to winning effect.

Tye: Wo 16 Julie 14:00; Vr 18 Julie 19:30

Poetry (Korea, Engelse onderskrifte, 2010, 139 min)
Ouderdomsperk: 12
Regie: Lee Chang-dong. Met: Yun Jeong-hie, Lee Da-wit, Kim Hira
’n Oumatjie hoor sy is in ’n vroeë stadium van Alzheimer se siekte en skryf in vir ’n poësieklas om haar geheue skerp te hou. Maar dan ontdek sy dat haar kleinseun dalk deel het aan die selfmoord van ’n klasmaat en haar veilige wêreld begin ineenstort. Wenner van die Cannes-filmfees se Goue Palm.
A sixty-something woman, faced with the discovery of a heinous family crime and in the early stages of Alzheimer's disease, finds strength and purpose when she enrolls in a poetry class. Winner of Cannes’ top prize.

Tye: Di 15 Julie 12:15; Sa 19 Julie 16:30

The Broken Circle Breakdown (Vlaams-België, Engelse onderskrifte; 2012; 111 minute)
Ouderdomsperk: 16 (T,N,S)
Regie: Felix van Groeningen. Met: Veerle Baetens, Johan Heldenbergh, Nell Cattrysse
Vir Elise en Didier is dit liefde met die eerste oogopslag, ondanks hul verskille. Hy praat, sy luister. Hy is ’n romantiese ateïs, sy ’n godsdienstige realis. Wanneer hul dogtertjie siek raak, kom hul liefde onder druk. ’n Bonus is die musiek, want albei is in ’n groep wat blue grass-musiek speel. Bring maar ’n sakdoekie saam.
Elise and Didier fall in love at first sight, in spite of their differences. He talks, she listens. He's a romantic atheist, she's a religious realist. When their daughter becomes seriously ill, their love is put on trial. The fact that both plays in a blue grass band is a bonus for Country Music fans. Keep the hanky handy.

Tye: Do 17 Julie 16:30; Vr 18 Julie 09:00

BALLET:
Don Quixote (Rusland, 2011, 102 minute)
Met: Olesya Novikova, Leonid Sarafanov en die Kirof-balletgeselskap
’n Opwindende weergawe van die Minkus-ballet met choreografie deur Marius Petipa. Draai grotendeels oor die liefde tussen Kitri en Basilio, maar haar pa wens sy wil met die ryk lomperd Gamache trou. Don Quixote en sy agterryer, Sancho Panza, daag egter op om sake te bemoeilik en later te help uitstryk. Die danswerk is dikwels asemrowend, die produksie kleurvol en lewendig en die eindresultaat pure plesier.

Tye: Wo 16 Julie 19:00; Sa 19 Julie 14:00